

Wie ons is
Phillip Prinsloo en Niel Spengler is die eienaars van Clear Sky Academy CC
Phillip is verantwoordelik vir bemarking, skakeling en kursusontwikkeling.
Niel is verantwoordelik vir administrasie en die voorbereiding van kursusmateriaal.
Besigheidsadres: Hoewe 35 Dr van der Merweweg, Montana, Pretoria 0182
Tel: 012 548 4166
Sel: 083 309 6488
E-pos: admin@clearskyacademy.co.za
Erkennings, met dank:
Agtergrond: Morris Hill van Hartford. <a href="https://clipartfest.com/">clipartfest.com</a>
Ballonne: Clipart Panda. www.tumundografico.com/clipart/balloon-clipart.free.html
Kindertjies: Clipartsgram. <a href="https://www.clipartsgram.com/">clipartsgram.com</a>
CLEAR SKY AKADEMIE
... onderrig leerders in studievaardighede.
Ons leer hulle HOE hoe om te studeer en bied derhalwe ons CSA kursus in studievaardighede by skole aan in klaskamers wat die skool aan ons toeken. Ons twee-uur klasse begin na skool en eindig gewoonlik om 16:30.
Geen klasse oor naweke nie!
Die kursuskurrikulum is in 24 klasse verdeel wat oor 'n volle jaar aangebied word met 'n minimum van twee klasse per maand, skoolvakansies uitgesluit.
ā
ONS KURSUS
Ons wil graag elke leerder toerus om uitmuntend te presteer.
Indien 'n leerder die studievaardighede wat ons hulle leer onder die knie kry en dit toepas, beloof ons dat hulle nuwe hoogtes sal bereik.
Soos ons Engelse vriende sê:
The Sky is the Limit
ā
WAAR ONS WERK
Tans bied ons ons kursus slegs in Gauteng aan maar sal binne die afsienbare toekoms na die res van Suid-Afrika uitbrei. Verwys asseblief na Franchisegeleenthede hieronder.
ā
TUTORS
Die CSA Studievaardighedekursus word deur ons eie tutors aangebied. Hulle word spesiaal opgelei om die kursus aan te bied, is mal oor kinders en geniet dit om klasse op 'n prettige manier aan te bied. Indien jy belangstel om as 'n tutor opgelei te word, kyk gerus na Tutor-opleiding hieronder.
ā
AAN OUERS
Ons stel ons ten doel om as 'n span saam met leerders en hul ouers te werk. Ons poog dus deurentyd om kontak met ouers te hou en sodoende goeie verhoudings te bou. Indien u daarin belangstel om u seun of dogter ons kursus te laat bywoon, tree assblief met ons verbinding of vra die skool om ons te kontak.
ā
AAN SKOLE
Ons werk te alle tye saam met die skool en in ooreenstemming met hul etos, beplanning en voorkeure. Verder poog ons om altyd saam met die onderwysers by die skool te werk. Tree asseblief met ons in verbinding indien u in die aanbieding van ons kursus by u skool belangstel.
ā
VERDER...
In graad 9 moet leerders hul vakke vir grade 10 tot 12 kies. Om leerders hiermee te help, versoek sommige skole 'n gekwalifiseerde toetsafnemer* om die DAT Vorm S reeks aanlegtoetse af te neem. Die persoonlike verslag wat elke leerder ontvang identifiseer die leerder se besondere aanlegte en dien as leiding om die vakke waarvoor hy of sy aangelê is, te kies
Hierdie toetse is nogal duur en baie skole kan dit net nie bekostig om al die graad 8 of 9 leerders te laat toets nie. Ouers vind dit ook moeilik om die ekstra R1000+ wat dit kan kos om leerders individueel te laat toets, bymekaar te skraap.
As deel van ons program om 'n sosiale bydrae te maak, is CSA gewillig om hierdie toetse te borg. Sekere terme en voorwaarders is egter van toepassing. Tree gerus met ons in verbinding indien u in hierdie borgskap belangstel. Ons sal met graagte die nodige inligting verskaf vir bespreking met die skool se beheerraad en om u in staat te stel om 'n ingeligte besluit te neem.
*'n gekwalifiseerde toetsafnemer is 'n psigometris of opvoedkundige sielkundige in privaatpraktyk wat as sodanig by die Raad vir Gesondheidsprofessies van Suid-Afrika geregistreer is.
MEER OOR ONS KURSUS
Sover ons kennis strek is ons die enigste instansie wat 2 x 2-uur-klasse per maand aanbied oor twaalf maande. In elke klas behandel ons ‘n vaardigheid en vir die laaste deel van die klas moet die leerders die vaardigheid op enige vak kan toepas.
Wat die koste betref, is ons tegelyk dankbaar en trots om te kan sê dat ons kursus redelik goedkoop is in vergelyking met soortgelyke kursusse wat deur ander firmas of individue aangebied word.
ā
EN MEER...
Behalwe ons kursus, bied ons ook aan ingeskrewe leerders die geleentheid om 'n unieke CAPS-gebasserde oudio-visuele Wiskunde DVD wat die werk vanaf graad 4 tot graad 12 verduidelik, aan te skaf.
Ingeskrewe leerders kan ook kies om ons loopbaankeusevraelys te voltooi. Ons individuele verslae aan leerders kan hulle help om ingeligte besluite aangaande toekomstige loopbane te neem.
ā
TUTOROPLEIDING
Is jy middae direk na skool beskikbaar?
Hou jy van kinders?
Het jy 'n wonderlike sin vir humor?
Is jy kreatief?
Kontak ons gerus indien jy belangstel om as tutor opgelei te word.
ā
BEMARKING
Is jy weeksmiddae en saans van ongeveer 16:00 tot 20:00 beskikbaar?
Hou jy daarvan om mense te help?
Het jy 'n goeie sin vir humor?
Kontak ons gerus indien jy belangstel om as adviseur opgelei te word.
FRANCHISEGELEENTHEDE
Indien u sou belangstel om 'n CSA franchise te bekom, kontak asseblief mnr Louis Mienie van The Practice Business Consultancy.
Tel: 012 346 6147/8
Sel: 082 680 2438
E-pos: info@practice.co.za
ā
VERWYSINGS
Hoërskool Kempton Park
Tel: 011 970 2102 / 3.
Sel: 082 821 9411
Kontakpersoon: mnr A. Henwood
Windsor House Academy
Tel: 011 396 2860.
Sel: 083 302 3467
Kontakpersoon: mev M. van Heerden.